By die aankoop van 'n huis is dit raadsaam om seker te maak dat jy die inhoud van die koopkontrak  verstaan, voordat jy dit onderteken. Die verkryging van regsadvies in hierdie verband kan jou baie tyd en geld spaar. Kopers moet een honderd persent seker maak dat hulle gelukkig en vertroud is met die toestand van die eiendom voor die ondertekening van die koopkontrak. ‘n Verslag oor die toestand van die eiendom kan hiermee help.

In ons reg word die verkoper nie aanspreeklik gehou vir patente defekte op grond van die caveat emptor ("laat die koper pasop") beginsel nie, wat in wese beteken dat die koper seker moet maak die eiendom wat hy aankoop, in 'n goeie toestand is. Die koper moet dienooreenkomstig 'n deeglike en redelike inspeksie van die eiendom uitvoer. Patent defekte is defekte wat maklik gesien kan word met 'n redelike ondersoek van die eiendom. Voorbeelde van patent defekte sal gekraakte teëls, gebreekte vensters, krake in die mure, en so aan wees. Indien die koper wil hê dat sekere patente defekte herstel moet word, moet dit so aangeteken word in die koopkontrak.

Die meeste residensiële eiendomme word "voetstoots", "as is", verkoop en die rede hiervoor is dat in terme van die Suid-Afrikaanse Reg, die verkoper aanspreeklik bly vir verborge gebreke, tensy dit spesifiek uitgesluit is in die koopkontrak uit hoofde van die voetstoots klousule. Die voetstoots klousule sluit aanspreeklikheid van die verkoper vir enige verborge gebreke in die eiendom uit. 

Latente defekte is defekte wat nie gesien of ontdek kan word deur die koper op redelike inspeksie van die eiendom nie. Voorbeelde van sulke defekte sluit in ‘n lekkende dak wat veroorsaak word deur ernstige strukturele probleme, die afwesigheid van goedgekeurde bouplanne,'n gebrek aan voldoende watervoorsiening, ensovoorts.   

Maar die verkoper kan egter steeds  aanspreeklik gehou word vir latente defekte, ondanks die voetstoots klousule, indien die koper kan bewys dat op die datum waarop die verkoper die koopkontrak onderteken het, die berkoper kennis van die verborge gebreke gehad het en dit nie openbaar het nie en dit dus doelbewus verswyg het met opset om te bedrieg .

Met intrede van die Wet op Verbruikersbeskerming ("CPA") het daar baie verwarring ontstaan oor die vraag of die voetstoots klousule nog gebruik kan word in die verkoop van residensiële eiendom. Waar die verkoper 'n "private verkoper" is sal die CPA nie van toepassing wees nie en kan voetstoots nog steeds gebruik word. Maar waar die verkoper byvoorbeeld 'n eiendomsontwikkelaar is en vaste eiendom verkoop in die gewone gang van sy besigheid, sal die CPA van toepassing wees en nie voetstoots nie.  

Interessant genoeg, sal die CPA nog van toepassing op die eiendomsagent in sy hoedanigheid as verskaffer van dienste in die gewone gang van sy besigheid as 'n eiendomsagent wees (sou jy van een gebruik maak), ongeag die status van die verkoper.

Ongelukkig is daar geen vaste reël om te bepaal wie verantwoordelik is vir watter gebreke, aangesien elke saak sal afhang van die feite byderhand en die hof se interpretasie daarvan.

Die beste raad aan alle betrokke partye is om oop, eerlik en deursigtig te wees. Deur die openbaring van alle bekende defekte tot die eiendom, kan verkopers staatmaak op die beskerming van die voetstoots klousule en kan kopers 'n ingeligte besluit neem en selfs kundige advies vir gemoedsrus te kry.

Indien u enige navrae het in verband met eiendomstransaksies, voel asseblief vry om Paul Delport, Maryke Landman of Jaco Fourie van Rauch Gertenbach Prokureurs te kontak, by 044 601 9900 of office@rgprok.co.za . 

Jy kan ons “Property Cost Calculator” sien deur te kliek op hierdie skakel: http://www.rgprok.co.za/property-calculator .