Waardestelling

Direksie 

Ons voortbestaan en die smee van langdurige verhoudinge met ons kliënte en verskaffers is diep gewortel in opregte vertrouenverhoudinge, wat gebou word deur gefokusde persoonlike aandag en diens, tot gemeenskaplike voordeel.

Die firma

Ons volhoubaarheid

 

Rauch Gertenbach Prokureurs is sedert 1919 gevestig as een van die voorste Prokureursfirmas in die Suid-Kaap. Die firma het soos die Tuinroete self, 'n ryk erfenis en is trots op sy verbintenis en langdurige verhoudings met kliënte in Mosselbaai, George, die groter Suid-Kaap en Karoo.

Die firma se voortbestaan is gebou op sy vermoë om deurentyd aan sy kliënte se behoeftes te voldoen en 'n persoonlike vertrouensverhouding met hulle op te bou.