Tradisionele Waardes En Professionele Reg


Aktes, Litigasie, Boedel en
Kommersiële Spesialiste in die Suid-Kaap.

SIEN ONS EIENDOMSREKENAAR

Die Praktyk

As een van die vooraanstaande prokureursfirmas in die Suid-Kaap, bestaan die praktyk uit Aktes, Boedel, Litigasie en Kommersiële Afdelings wat bedryf word deur vier Direkteure, agt prokureurs en ervare toegewyde personeel, met 'n gevestigde infrastruktuur. Bogenoemde stel die maatskappy in staat om te spesialiseer in spesifieke fasette van die reg, om sodoende 'n beter en meer ingeligte diens aan ons kliënte te lewer.

Ons sentrale ligging in die Suid-Kaap maak die firma maklik toeganklik en beskikbaar aan ons kliënte. Die firma het 'n lang en trotse verbintenis met die inwoners van Mosselbaai, die Suid- Kaap en die Karoo.