Lees ons Artikel bladsy vir meer inligting.

Prokureursdienste

Aktes: Oordragte, Verbandregistrasies, Kontrakte
Derde Party Aanspreeklikheids-eise, insluitend Padongelukkefonds eise
Algemene Litigasie, Egskeidings en Voor-huwelikse kontrakte
Kommersieël, Kontrakte en Arbeidsreg
Kriminele Litigasie
Besigheidsadvies & -afrigting
Arbeidsreg
Omgewingsreg
Dranklisensies

Fidusiêre Dienste

Boedelbeplanning, Boedelberedding en die opstel van Testamente
Likwidasies, Insolvensies en Besigheidsredding
Trusts: Oprig en Administrasie van Trusts

SEDERT
Kliëntdatabasis
Padongeluksfonds-eise
Professionele personeel

Sedert - 1922

Rauch Gertenbach Prokureurs is sedert 1922 gevestig as een van die voorste Prokureursfirmas in die Suid-Kaap. Die firma het soos die Tuinroete self, 'n ryk erfenis en is trots op sy verbintenis en langdurige verhoudings met kliënte in Mosselbaai, George, die groter Suid-Kaap en Karoo.

Ons Besigheidsfilosofie

Passievol. Professioneel. Toegewyd. Kundigheid. Vaardigheid

Ons Waardes

Professionaliteit. Integriteit. Effektiwiteit . Uitnemende diens. Lojaliteit

WIE ONS IS

Missie: Die lewering van uitnemende regs- en verwante dienste ooreenkomstig elke kliënt se behoefte.

Visie: Om die voorkeur verskaffer van regs- en verwante dienste in die Suid Kaap te wees.

D Acker (Danie)

Direkteur

JC Fourie (Jaco)

Direkteur

B Kruger (Barend)

Direkteur

V Steyn (Van Niekerk)

Direkteur

M Landman (Maryke)

Direkteur

TESTIMONIALS

Goeiedag

Ek weet nie regtig wat om te se of hoe om dit te se nie, so al wat ek gaan se is Dankie!
Dankie vir julle professionalisme en goeie kommunikasie oor die laaste paar jaar met my ongeluk se eis.

Dankie ook dat julle aanhou baklei het selfs nadat my eis die eerste keer afgekeur was omdat die fonds beweer het dat ek nie ernstig genoeg beseer was nie.

Ek dink nie die eis sou so suksesvol wees in enige iemand anders se hande nie! Dit het beslis my lewe vir die beter verander!

Stuur asb. aan na enige iemand waarop dit nog betrekking het!

Vriendelike Groete
Christo Adriaan Coertzen