G-Jordaan-Gavin-Senior-Associate

G Jordaan (Gavin)

Assosiaat

B.Comm (Regte); LLB

Fokus Areas:

Algemene Siviele Litigasie, Egskeidings, Invorderings

Professionele Ondervinding

Na matrikulasie in York High School in George, het Gavin sy B.Comm Regte graad by Stellenbosch Universiteit in 1998 voltooi. Kort daarna het hy homself in die Verenigde Koninkryk gevestig. Hier was hy vir tien jaar in London betrokke in die veeleisende finansiele sektor, meer spesifiek met n groot multi- nasionale Verskansings Fonds (Hedge Fund) wat hom suksesvol toegerus het met n sterk kommersiele agtergrond.

Tydens sy verblyf in London het hy sy LLB graad deur die Universiteit van Suid Afrika verwerf. Kort na sy terugkeer na Suid Afrika in 2013, het hy sy leerlingkontrak by Johan Weideman prokureurs voltooi en was hy daar werksaam as n prokureur totdat hy onlangs by Rauch Gertenbach ingeskakel het as n genoot. Hy is gestasioneer in die George kantoor waar hy hoofsaaklik betrokke is by Algemene Siviele Litigasie, egskeidings en invorderings.

Dit is Gavin se passie om sy kliente se behoeftes vooraan te stel en te verseker dat hul belange beskerm word. Teen die agtergrond van sy langdurige blootstelling aan n suksesvolle uitkoms-georienteerde bedryf en kliente basis, was sy uitkyk nog altyd om slegs die hoogste professionele vlak van diens te lewer sonder om persoonlike benadering en langtermyn verhoudings uit die oog te verloor.