P-Delport-Paul

P Delport (Paul)

Senior Assosiaat

LLB

Fokus Areas:

Eiendomsreg, Vaste eiendom, Aaktebesorging

Professionele Ondervinding

Paul is ‘n Senior Assosiaat met Rauch Gertenbach Ing en het in 2014 by die firma aangesluit. Hy sien om na en spesialiseer in Aktebesorging en verwante sake.

Hy het ‘n LLB verwerf aand die Universiteit van Suid Afrika in 2009 en is toegelaat as prokureur en aktebesorger in die hoogeregshof van Suid Afrika in 2012 en 2013 onderskeidelik.

Alvorens Paul by Rauch Gertenbach aangesluit het, het hy sy vaardighede geslyp as Kandidaat Prokureur en regspraktisyn by ‘n algemene litigasie praktyk. Gedurende hierdie aanvangsjare in sy loopbaan het die belangstelling in eiendomsreg, eiendom en aktebesorging ontstaan.

Hy kombineer uitstekende tegniese kennis met ‘n praktiese ‘hands-on’ benadering om te verseker dat sy kliënte die hoogste vlak van professionale- en kliëntediens ontvang.