TESTAMENT ONGRONDWETLIK VERKLAAR

TESTAMENT ONGRONDWETLIK VERKLAAR

 

Testeervryheid was allerweë beskou as die laaste bastion van privaatregtelike vryheid waaroor die individu beskik het.  Dit is tog immers die individu se vryheid van keuse om sy/haar laaste aardse besittings te bemaak.

Die grondwetlike regte van waardigheid, privaatheid en eiendomsreg was inklusief in die vryheid van keuse om `n testament te maak en erfgename aan te wys.

In ‘n ongelyke gemeenskap, waar sekere persone se regte in die verlede dikwels grof misken was, staan bogemelde beginsels egter in stryd met die grondwetlike beginsels van gelykheid en waardigheid.

Die Grondwethof was gevra om bogemelde beginsels te oorweeg ten opsigte van ‘n Testament wat in 1902 opgestel was.  Die Testament het ‘n fideicommissum bevat wat slegs die manlike nasate van die Testateur bevoordeel het.  Die laaste manlike erfgenaam het in 2015 gesterf en die Eksekuteur was gekonfronteer met botsende eise wat betrekking gehad het op die fideicommissum.  Die oorledene se dogters se aanspraak was gebaseer op die diskriminerende bepaling dat vroulike erfgename uitgesluit word van die erfnis.

In die Hoë Hof en die Hoogste Hof van Appèl is die aansprake van die dogters afgewys. Die Hoë Hof het in wese testeervryheid gehandhaaf deur die term “manlike erfgename” uit te lê om binne die raamwerk van die bestaande testament in te pas.

Die Grondwethof beklemtoon die reg van die howe om die gemenereg te ontwikkel ooreenkomstig die gemeenskapseise oortuigings en die voortdurende verandering van die behoeftes van die gemeenskap.  Die Hof beklemtoon dat die gemeenskapsoortuigings diep gewortel is in die Grondwet en die inherente waardes wat daaraan kleef.

Die gemenereg(testeervryheid) is versigtig opgeweeg teen die grondwetlike beginsels van vryheid, gelykheid en waardigheid.

In die ontleding van die gemenereg bevind die Hof die testeervryheid sy oorsprong het in die Romeins-Hollandse Reg wat ‘n patriargale roete gevolg het. Alhoewel daar erkenning verleen word aan die inherente grondwetlike regte wat inklusief is tot testeervryheid, word daar nietemin bevind dat die bepaling ten opsigte van die fideicommissum diskrimineer teen vroulike erfgename en derhalwe indruis teen die openbare beleid.

Slotsom

Die Grondwethof het onomwonde getoon dat dit nie sal skroom om in te meng in die privaatregtelike keuses van individue indien daar diskriminerende bepalings in daardie keuse voorkom nie.

Vir meer inligting kontak gerus Janel Kruger by office@rgprok.com of 044 601 9900. www.rgprok.co.za .

0

Related Posts

VOORAF REGSADVIES MET DIE…

VOORAF REGSADVIES MET DIE KOOP / VERKOOP VAN EIENDOM? Vir baie van ons is die voorreg om jou eie huis te besit, die begin van welvaartskepping en sekuriteit. Veral wanneer…
Read more

Het u ‘n handelsbeperkingsklousule…

Het u 'n handelsbeperkingsklousule in u dienskontrak? Die COVID-19 pandemie het baie mense in ‘n nuwe of meer kreatiewe rigting gedwing. Om by ‘n nuwe werk en/of besigheid te begin,…
Read more